Ryukyu Kobudo Hozon Shinko Kai

琉球古武道保存振興会

Society for the Preservation and Promotion of Ancient Martial Arts of the Ryukyu Islands

 

 

Volg die skakels hierbo na die welkom bladsye in 'n verskedenheid van tale.

 

 

The WeatherPixie

Afrikaans

Gestig in 1955
Die Simboliek van ons Styl se Wapen
• Die twee Sai versinnebeeld die menslike ligaam sowel as die mengelpot van skole en style wat bygedra het tot die ontwikkeling van ons styl.
• Die ronde wit agtergrond beeld die gesonde groei van gees uit.
• Die rooi ringe beklemtoon ‘n gesonde liggaam.

Die beginsels van “Ryukyu Kobudo Hozon Shinko Kai”

Diegene wat Ryukyu Kobudo Hozon Shinko Kai beoefen, groei in liggaam en gees tesame met die verskillende skole en verskeidenheid van style wat hulle beywer vir die behoud, bevorderdering en onderrig van die Ryu Kyu wapenkuns.

Ons dien die samelewing en streef na vriendskaplike verhoudinge met ander gevegskunstenaars wêreldwyd. In ‘n gees van vriendskap poog ons om te help in die ontwikkeling van die gevegskuns.

Ons styl se wapen versinnebeeld beide ‘n gesonde groei in liggaam en gees, sowel as die vriendskap en vrede wat deur die lede van Ryukyu Kobudo nagestreef word.


Ryukyu Kobudo Hozon Shinko-Kai

Die organisasie is gestig in 1955 deur Shinken Taira (1897-1970) ten behoud en bevordering van die geskiedkundige Ryukyu Wapenkunste. Die riglyne van die oorspronklike Ryukyu Kobujutsu Kenkyu Kai organisasie is as grondslag gebruik en gevolg. Die wapenmeester Yabiku Moden (1878-1941), Taira Sensei se leermeester, was die stigter van hierdie organisasie.

Shinken Taira het na Tokyo verhuis in 1922. Hy het begin oefen onder die toesig van die welbekende onderwyser en Karate meester Gichin Funakoshi (1868-1958). Hy het in 1929 ook die geleentheid gehad om Ryukyu Kobujutsu te beoefen onder Meester Yabiku Moden. In 1933 stig Taira Sensei ‘n takdojo van Gichin Funakoshi Sensei se Shotokan Karate in die Gunma prefektuur. Hy werk as instrukteur in Karate en Kobudo terwyl hy wapens studeer onder Kenwa Mabuni (1889-1952). Taira Sensei keer terug na Okinawa in 1942.

Okinawa was verarmd in die tydperk na WWII. Die tradisionele gevegskunste was nie beskou as ‘n prioriteit nie en dit het kommer gewek dat hierdie kuns sal verval en vergete raak. Verskeie senior Karate-Ka het stelselmatig begin om skole te heropen. Shinken Taira was bekommerd dat Ryukyu Kobujutsu sal agteruit gaan en agterweë bly. Gevolglik het hy besluit om iets daaraan te doen en het hierdie Ryukyu Kobudo assosiasie gestig met die doel om die kuns te bevorder, bewaar en onderig. Meester Taira het so die eerste president geword en het ywerig gewerk aan die ontwikkeling van die kunste.

Meester Shinken Taira is in 1970 oorlede en was opgevolg deur sy voorste student, Eisuke Akamine, wat aangestel is as die tweede president van die Assosiasie. ‘n Amp wat hy tot sy dood in 1999 behou het.

Geskiedenis vertel ons dat die styl ontwikkel is deur die oud meester Moden Yabiku in lyn met Sandra Chinen (Yamani Nusume, 1904-1922) se gebruike. Eisuke Akamine Sensei was ook beinvloed deur sy vorige leermeesters, studente van Sandra Chinen wie onder andere Seichiro Higa (1890-1991), Raisuke Higa, Yohei Akamine (1904-1989), Jinsaburo Higa (1900-1981) ingesluit het. Dit het meegebring dat Sakugawa no Kun, Shushi no Kun, Yonegawa no Kun en Shirotaru no Kun Bo (Lang Staf) Kata in die sisteem opgeneem is. Die vlugtige bewegings styl van Shorin Ryu Karate was beklemtoon as ‘n basis vir wapenhantering met die beklemtoning van Bo en Sai tegnieke. Meer as 20 Kobujutsu Kata met verskillende wapens is bewaar en word gebruik in die styl.

Met die afsterf van Dai Sensei Eisuke Akamine was sy seun Hiroshi aangestel as die fakkeldraer en het hy ook die amp as die derde president aanvaar. Die assosiasie is huidig besig om internasional te vergroot deur die ywerige werk van talle lokale en internationale studente. Dit kon alleenlik gedoen word deur die soliede grondslag wat Dai Sensei Eisuke Akamine ons nagelaat het in die vorm van ‘n kern van goed geskoolde Kobudo-instrukeurs en beoefenaars.

Die hoofdojo is gelee in Nesabu, Tomigusuku, Okinawa.

Vertaling deur Emile van Heerden
Korigeer deur Danie Zeelie.

 

  Top of Page

 

Please direct general queries through our Guest Book

 

Please Sign Our Guest Book

Please View Our Guest Book

Copyright © 1997-2009 Ryukyu Kobudo Hozon Shinko Kai JavaScript DHTML Menu Powered by Milonic No Right Click